top of page

Willem Strauss: My hele lewe het verander na ek 'n 102kg verloor het.

2h 08min   |   Afrikaans |  Baasraak TV

🎙 Hierdie week op die Baasraak saam Coach Freek se Potgooi: Coach Freek gesels met Entrepreneur en Avonturier Willem Strauss

​

In 2014 is Willem gediagnoseer met diabetes. Na 'n maagomleiding-operasie het hy ongelooflike 102kg verloor – en sy lewe het radikaal verander. Sy insulienmedikasie is reeds twee dae later in die hospitaal gestop. Willem was nie meer diabeet nie.

​

Met hernieude krag en passie het Willem weer begin oefen, en later deelgeneem aan maratonne en ysterman-kompetisies. Sy avontuurlustige gees het hom selfs tot op die hoogste piek van Afrika geneem, waar hy saam met vriende Kilimanjaro uitgeklim het. Boven-op die berg het Willem 'n vlag geplant met sy gesin se foto en die woorde: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."

​

Maar Kilimanjaro is net een van die berge wat Willem in sy lewe baasgeraak het. In hierdie potgooi gesels hy met Coach Freek oor sy fisiese en geestelike oorwinningstogte – en hoe God hom deur elke uitdaging gedra het.

 

🎧 Skakel in vir 'n inspirerende gesprek vol geloof, moed en volharding

  • YouTube
  • Facebook
  • Instagram
  • TikTok
  • Whatsapp Channel

© 2025 Baasraak Media

bottom of page