Shahida Japtha

Vlieg Hoog

Ek is Shahida Japtha, ek is oorspronklik van Humansdorp in die Oos-Kaap. Ek is diensbaar te Upperroom Family Worship Centre waar ek bedien onder die herderskap van Pastor Reginald en Sharney Kapank.

Ek is n energiekie diensmeisie van die Here wie die Here uit die greep van die satan uit gered het en van dan tot nou was en is die Here vir my goed. Ek het 2016 n egskeiding oorleef met behulp van die Here en vandag kan ek verklaar AS DIT NIE VIR DIE HERE WAS NIE, DAN SOU DIE STILTE VAN DIE GRAF ALREEDS MY TUISTE GEWEES HET. Ek het n vurige ywer om die blye boodskap, die goeie nuus, die evangelie van Jesus Christus bekend te maak en om disipels te maak van alle nasies. Ek het n brandende begeerte om mense te laat weet dat Jesus kettings kan breek, blindes laat sien, dowwes laat hoor en kreupeles laat loop. 

Vlieg hoog is gemik om mense en meer spesifiek jongmense te laat verstaan dat hulle bedoel is vir Hoeër Hoogtes en dat hulle nooit moet toelaat dat omstandighede en die slegte ervaringe van die lewe hulle destinasie bepaal nie. Ons is Arende wat hoog vlieg en nie Hoenders wat met hul koppe in die sand loop en kos soek nie... 
-Armoede het niks op u nie want u is n AREND
-Siekte het niks op u nie want u is n AREND
-Egskeiding het niks op u nie want u is n AREND
-Verwerping het niks op u nie want u is n AREND
VLIEG HOOG U IS N AREND. 

Die anker skrif van my program is JESAJA 40:31 waar die bybel se: Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.

Bankbesonderhede:

NS Japtha

Nedbank

Tjek Rek No 1190127660

Takkode 121617

Baasraak Nuusbrief

Sien dit Eerste

© 2020 deur Baasraak

  • Facebook
  • YouTube
  • Instagram
  • Google Play
  • App Store