Blackie Swart

New Life Ministries

My naam is Blackie Swart, groot geword in Worcester en ek het al die verkeerde afdraaie in die lewe al gevat. Meeste van hulle nadat ek tot bekering gekom het in die AGS kerk op Beaufort-Wes. Eers nadat ek mondig geword het as kind van die Here, het Vader my geleer, wat ‘n verhouding met Hom is, wat dit kos en beteken om gehoorsaam te wees en seker die mees belangrikste, hoe om in Sy oorvloed te lewe.

Ek het as kind van die Here baie swaar gekry, maar deur dit alles was Hy eintlik besig om my op te rig! Ek kon as kind nie eers mondeling op skool praat nie, so min selfvertroue het ek gehad. Alles begin toe ek vir ses jaar dien as aanbiddingsleier by die grootste gemeente in Worcester. Toe Word ek ‘n Radio Omroeper by ‘n plaaslike radiostasie.

Net wat Vader wou hê, want hier begin my bediening as prediker met ‘n diens eenkeer ‘n week op die radio. Terselfdertyd ontstaan New Life Ministries wat op facebook duisende mense bereik. November 2019 stig ek en my vrou New Life Family Worship Centre Kerk op Worcester.

Padkos ontstaan tydens die begin van lockdown wat ‘n kort 2 min dagstukkie is en vandag meer as 200 000 mense wêreldwyd bereik.

Bank Besonderhede
New Life Ministries
Capitec Bank
Savings Account No: 167 227 6991
Branch Code
470010

Baasraak Nuusbrief

Sien dit Eerste

© 2020 deur Baasraak

  • Facebook
  • YouTube
  • Instagram
  • Google Play
  • App Store